Platform Cooperativism Resource Library

Die hulpbronbiblioteek is ’n plek waar u van andere kan leer en vir andere kan leer oor koöperasies, platformkoöperasies, die digitale ekonomie en meer.

Vir wie is dit bedoel

Die hulpbronbiblioteek is vir almal wat belangstel in platformkoöperasies, bv. koöperasielede-eienaars en ander praktisyns op voetsoolvlak, en navorsers en akademici wat platformkoöperasies bestudeer.

Wie dit kontroleer

Die biblioteek word gekontroleer deur die Platform Cooperativism Consortium.

Ons streef egter daarna om dit meer van ’n oop biblioteek te maak waar enigiemand hulpbronne kan bydra of byvoeg.

Intussen, laat weet ons gerus as u van hulpbronne of belangrike onderwerpe weet wat nog ontbreek, deur dit vir ons te e-pos. – pcc@newschool.edu

Hoe dit gebou is

Die hulpbronbiblioteek is ’n vennootskap deur die Platform Cooperative Consortium, die Inclusive Design Research Centre, en ’n groep medeontwerpers wat ons deurlopend in die ontwerpproses betrek het vir terugvoer, om idees te versamel en ons aannames te kontroleer.

Vind meer uit oor ons